Anybody for a glass of Chardonnay?
That's why we are moving towards R1000/share:
Naspers gaan nou ook fynproewerprodukte en topgehalte-wyn aanlyn verkoop.
Hy het in Mei deur sy filiaal MIH Internet Africa ’n meerderheidsbelang in die webwerf 5ounces.co.za gekoop.
Trevor Gosling, stigter van 5ounces, sę Naspers – wat kalahari.com besit – was tot nou nie by die aanlyn verkope van dié produkte betrokke nie.
Hy het die maatskappy in Januarie 2012 begin en tans verskaf 5ounces permanente werk aan agt mense.
“Een van die goed wat ons anders maak, is blitsverkope van premie-produkte,” sę hy.
Dit is ’n verwysing na ’n konsep wat die aanlyn verkoper Groupon begin het om “ ’n beperkte hoeveelheid produkte vir ’n beperkte tyd teen ’n superafslagprys beskikbaar te stel’’, verduidelik hy. “Ons doen dit met vier- of vyfster-wyne en klante kan dit dan teen tussen 40% en 50% van die tipiese kleinhandelprys kry.”
Arthur Goldstuck, besturende direkteur van World Wide Worx, sę aanlyn wynverkope is een van die moontlike groeigebiede in e-handel. “Wat dit so volhoubaar maak, is dat ’n veel wyer verskeidenheid wyn aanlyn aangebied kan word as in ’n winkel.”
Naspers het in e-handelwebwerwe oral in ontluikende markte belę. “Hy is deurlopend op soek na nismarkte om in uit te brei. “Kalahari.com het ’n bietjie van ’n stagnante sakemodel geword en dit is nodig om dit te verfris. Een manier om dit te doen, is om opwindende nismarkte te identifiseer (soos wyn).”
Volgens Kevin Kidson, stigter en besturende direkteur van wine.co.za, wat sowat 15 jaar gelede begin is, groei aanlyn wynverkope węreldwyd en ook in Suid-Afrika besonder vinnig. – Nellie Brand-Jonker Maandag 16 September 2013 Volksblad